Home > Termini > Afrikaans (AF) > Karoteen

Karoteen

Ook soms karotine: 'n Rooi, oranje of geel kleurstof, C40H56, in suiwer vorm rooi of pers kristallyn, 'n karotenoïde wat in die chromoplaste van plante, onder andere in geelwortels, patats, blaargroente, vrugte en ook in die vetweefsels van plantetende diere, in melkvet, eiergeel, ensovoorts voorkom, in die dierlike liggaam omgevorm word tot vitamine A, oplosbaar is in vette en oplosmiddels vir vette maar nie in water nie en bestaan uit 'n lang, alifatiese polieenketting, met een of twee eindstandige onversadigde ringe — onderskei in drie isomere vorme, α-karoteen wat regsdraaiend is en by 183 °C smelt, β-karoteen wat opties onaktief is en by 187 °C smelt, en γ-karoteen wat eweneens opties onaktief is en by 178 °C smelt; in die besonder, die rooi β-karoteen, , wat die meeste voorkom, onder andere in wortels, die aktiefste provitamine A is en ook sinteties berei word. By die omvorming van karoteen tot vitamine A lewer die b-vorm twee molekules en die ander een. Met osoon oksideer die α-vorm van karoteen tot geroonsuur en isogeroonsuur en die β-vorm tot twee molekules geroonsuur. Karoteen is ook bekend as provitamine A (en) die omsetting (daarvan) in vitamine A in die liggaam (word) belemmer deur lewersiektes, niersiektes, gebrekkige funksie van die skildklier, en suikersiekte.

0
Aggiungi a My Glossary

Lascia un commento?

Per rispondere alla discussione devi effettuare l'accesso.

Termini nelle notizie

Termini in evidenza

Flow
  • 0

    Termini

  • 0

    Glossari

  • 1

    Sostenitori

Settore/Dominio: Cibo (altro) Categoria: Erbe e spezie

sitroengras

krui (vars of gedroogde stingels of grond) Beskrywing: Lang, dun, grys-groen blare. Suurlemoen smaak en geur, baie veselagtig. Gebruike: Vis, hoender, ...

Partecipante

Blossari in evidenza

Xiaomi

Categoria: Tecnologia   1 7 Termini

9 Most Expensive Streets In The World

Categoria: Viaggi   1 9 Termini