Home > Termini > Afrikaans (AF) > eugenetika

eugenetika

Eugenetika of eugenetiek (Grieks ̉εύ + γίγνομαι, oftewel eu genos: "goed gebore"), ook na verwys as die eugenetiese beweging of rasverbetering, is die studie van die verbetering van die genetiese gehalte van 'n spesie — meer spesifiek die menseras of die genepoel waaruit die mens gebore word — en bou op die studie van menslike eflikheid en Darwinisme. Drie kwessies het die ontwikkeling van eugenetika in die tweede helfte van die negentiende eeu ondersteun: 'n oortuiging dat die menslike spesie verbeter kan word om volmaak te wees; 'n groeiende geloof in wetenskap as die betroubaarste en bruikbaarste vorm van kennis; en die gebruik van die trefwoorde van maatskaplike Darwinisme, "stryd om te bestaan" en "oorlewing van die sterkste", soos toegepas op alle mense in die samelewing. Eugenetika berus dus daarop dat die voortdurende en natuurlike sortering van beter of slegter elemente in die samelewing na die voortgesette verbetering van die menslike spesie lei. Sommiges interpreteer hierdie beginsel as aanvoerend dat ryker mense meer bekwaam en talentvol as armes is, en gevolglik meer sukses in die lewe behaal. Eugenetika verskil van Sosiale Darwinisme, wat beweer dat die slegste elemente in die genepoel uiteindelik sou verdwyn indien die natuur toegelaat word om sy natuurlike verloop te neem.

Eugenetika maak egter daarop aanspraak dat noukeurige beplanning en behoorlike telling die enigste manier is om 'n beter samelewing te skep. Teen 1900, met die ontwikkeling van die moderne wetenskap van genetika, het eugenetika 'n georganiseerde beweging geword wat daarop gemik is om die menseras te verbeter. Positiewe eugenetika is daarop toegespits om maniere te ontwikkel om die teelpotensiaal van geskikte mense te verhoog, terwyl negatiewe eugenetika die klem geplaas het op die beperking van ongeskikte mense om kinders te verwek.

Die eugenetiese beweging was tussen 1910 en 1930 besonder sterk in die VSA, Groot-Brittanje en Duitsland. Eugenetika was nie net beperk tot Groot-Brittanje self nie, maar het ook na die Britse kolonies versprei, waar dit 'n geruime tyd lank die houding van kolonialiste jeens die inheemse volke beïnvloed het.

0
Aggiungi a My Glossary

Lascia un commento?

Per rispondere alla discussione devi effettuare l'accesso.

Termini nelle notizie

Termini in evidenza

Collin Koortzen
  • 0

    Termini

  • 1

    Glossari

  • 5

    Sostenitori

Settore/Dominio: Biologia Categoria: Anatomia

Larinks

Strottehoof: Die boonste deel van die lugpyp bevat 'n raamwerk van kraakbeentjies en spierweefsel, genoem die larinks. Dit manipuleer volume en ...